1 & 2 Timoteus En Titus (Sagteband) Online Hot Sale

Description
Paulus is in die tronk wanneer hy hierdie briewe skryf. Timoteus skaam hom vir Petrus. Titus probeer die evangelie tussen ʼn klomp barbare verkondig. Rondreisende predikers kom krap alles deurmekaar in die gemeente in Efese. Boonop is keiser Nero ʼn faktor om mee rekening te hou. Hy skroom nie om die Christene in teer te doop en aan die brand te steek nie. Paulus skrik nie vir Nero of die dood nie. Hy verknies hom nie daar in die tronk nie. Hy sit die praatjiesmakers op hulle plek. Hy gou nie tou op met Timoteus nie. Hy sien nie neer op die ongekunstelde inwoners van Kreta nie. Wat sou Paulus gemotiveer het om ten spyte van sy omstandighede te volhard? En watter boodskap hou die antwoord op hierdie vraag vir ons in? Mag hierdie interpretasie van Paulus se briewe aan Timoteus en Titus jou help om ’n vreemde wêreld te ontdek wat vir jou al hoe meer bekend sal word terwyl jy verder lees. En mag hierdie briewe wat aan ander gerig is ook uniek jou briewe word.
Additional Information
Title | Default Title |
---|